Saturday, September 30, 2017


Palmhuis

Palmhuis


Skool se kiosk

Dassiebult :  Ek weet nie wie Palmhuis se eerste palm geplant het nie.  In 1930 het die boom só gelyk.  Kyk die hoë heining aan die dorp se rugbyveld se kant.  Die seuns moes dit elke Saterdagoggend knip.  In 1945 het my pa die palmboom eers halfpad laat afsaag en 'n rankop daarom geplant en later laat uithaal.  Die foto wys waar Teppie [Rot] Carstens bo-op die leer staan om die boom te begin saag.  Die personeel kyk toe.  Die huidige 4 bome aan die skool se kant het my pa intussen geplant.  [ongeveer 1946] 
Koshuis1 of Voorwaarts in 1930.  Dit was die eerste koshuis gebou en die enigste met 'n personeel-slaapkamer met 'n balkon voor in die middel bo.  [Die skaduwee lyk na 'n twee-kleur]
Die skool het 'n kiosk op die dorpsveld, regoor Palmhuis, gehad.  Verversings is daar verkoop om skoolfonds te stywe.

Groete.  Hein Wessels 

No comments: